Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Projek leer jonges oor verkeersveiligheid

Die leerderverkeersveilig­heidsprojek wat in Junie by die Protea Primêre Skool in Napier begin is, was die tweede soortgelyke projek in die Overberg en die eerste in Kaap Agulhas.

Die eerste is ’n jaar of twee gelede by ’n laerskool in Grabouw begin, maar was nie volhoubaar nie en het tot niet gegaan.

Die span by Protea Primêr wat by die loodsgeleentheid teenwoordig was, het onderneem om die projek heeltyds te ondersteun en om toe te sien dat die baan ook in top-kondisie bly in samewerking met die span van drie van Kaap Agulhas-munisipaliteit, wat ook eregaste was. Hulle is John Roberts, Jonathan Baadjies en “Barnie” wat saam gesorg het dat, soos hulle dit gestel het, “al die lyne en strepe reguit en gerond vasgelê word op die baan”.

Die hoogtepunt vir die jongspan was natuurlik die “kat-uit-die-sak-laat-seremonie” waartydens Daantjie die Verkeerskat tot groot vermaak van groot en klein sy verskyning gemaak het om saam met die jongspan op die baan te gaan. So tussendeur het hy saam met personeellede van die Wes-Kaapse Verkeersdepartement en KAM pamfletjies met verkeersveiligheidswenke en towerliniale uitgedeel. Nie eens die welkome reën wat elke nou en dan geval het, kon die geesdrif van die jongspan en al die besoekers demp nie.

Wat meer is, ten spyte van die feit dat soveel leerders deesdae op die laaste paar skooldae nie meer skool bywoon nie, was daar ’n stewige spannetjie leerders by Protea wat die besondere geleentheid wat spesiaal vir hulle gereël is, nie maklik sal vergeet nie!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.