Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reünie van skool is vir eers afgestel

Die Middelbareskool Langeberg se reünie wat van 27 tot 29 Maart gehou sou word, is vir eers afgestel.

“Dit is hartseer om aan te kondig die reünie waarna talle uitgesien het, is vir eers danksy die risiko’s en maatreëls volgens ons regering en die Covid-19-siekte, uitgestel tot verdere kennisgewing,” sê een van die organiseerders, Jamiel Abrahim.

Die reünie sou oudleerders, personeel en onderwysers saamgebring het om dié skool se bestaan en geskiedenis te vier.

Die organiseerders beklemtoon egter die feit dat die reünie nie afgestel is nie, maar dat nodige reëlings eers getref sal moet word om almal se veiligheid te verseker, asook wat die toekoms rakende maatreëls plaaslik en nasionaal sal wees vir die onvoorsiene toekoms.

President Cyril Ramaphosa het geen aanduiding gegee tot wanneer hierdie maatreëls sal geld nie.

Enigiemand wat verdere vrae het rakende die reünie kan vir Jamiel by 071 254 8836 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.