Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Robertson se speurhoof altyd slaggereed vir aksie

’n Soeker van die waarheid en ’n vegter vir geregtigheid het onlangs na Robertson-polisiekantoor geskuif om ’n verskil te kom maak.

Luitenant-kolonel Malcolm Engelbrecht het onlangs as hoof van die Robertson-speurtak by die Robertson-polisie aangesluit.

Engelbrecht het in 1990 by die SAPD aangesluit en is in 1994 na sersant bevorder. “In 2009 is ek aangestel as kaptein en in 2018 het ek bevordering gekry tot luitenant-kolonel en moes ek oorskuif na die Robertson-kantoor toe,” sê Engelbrecht.

Hy het sy vaardighede by verskeie polisiekantore in die land geslyp en het al by polisiekantore soos Tafelbaai en Maitland gewerk.

“Ek is nou 29 jaar in diens van die polisie en ek is die gelukkigste op die platteland. In Robertson het ek baie geleer van dissipline en om ’n hoë standaard te handhaaf. Dis vir my lekker om, al vir die afgelope maand, die gemeenskap van Robertson te bedien en ek hoop ek gaan dit nog vir jare kan doen,” voeg hy by.

Engelbrecht is getroud en het ’n seun wat op universiteit is.

“Studies is belangrik vir my en is ek ook tans besig om verder te studeer en my loopbaan te bevorder.”

’n Groot passie van Engelbrecht is rugby en hy het self Cravenweek op laer- en hoërskool gespeel. Hy het ook vir die WP se o.21-span en die Wes-Kaapse polisiespan gespeel. “Ek het tot en met verlede jaar ’n span in Paarl afgerig. Die span het so goed begin doen en ons het later teen spanne van Universiteit Stellenbosch gespeel. Ek is ook goeie vriende met ’n paar bekende rugbyspelers soos Chester Williams.”

Vir Engelbrecht is sy werk en die soeke na die waarheid vir hom baie belangrik.

“Ek wil weet wat die motief van die oortreder is. Ek wil weet, as dit roof is, waarom dit roof is en wat die verdagte gemotiveer het om die misdaad te pleeg.”

Hy spesialiseer in ernstige gewelds­misdaad en is baie goed met identiteit-parades sê hy. “Om in die polisie te wees, is ’n bitter gevaarlike werk. Daar is so baie risiko’s en ’n mens moet altyd voorbereid wees vir enigiets,” sluit hy af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.