Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Robertson se wyne staan uit

By die 13de jaarlikse Novare SA Terroir-wyntoekennings het die Kaapse Wynland se vele gebiede wat puik wyne skep duidelik na vore getree.

Die altesaam 23 nasionale wenners van kultivarwyne, versnitwyne en wynstyle kom uit 14 wynareas amper reg oor die Wynland.

Plaaslik is dit die Klaasvoogds-gebied in Robertson wat uitgestaan het met drie nasionale wenners, die De Wetshof Nature in Concert Pinot Noir 2017, Bon Courage Noble Late Harvest 2016 (ook in die Top 5-landgoedwyn) en Rietvallei JMB Cabernet Franc 2015.

’n Enkelwingerdwyn uit die Breedekloof, die Flagstone Writer’s Block Pinotage 2016, het vanjaar die Novare-trofee vir SA se Top Enkelwingerdwyne verower.

Dieselfde wyn is ook aangewys as die nasionale wenner van die Pinotage-wyne. Nog ’n wyn uit die Breedekloof, die Slanghoek Legends Barrel Fermented Chenin Blanc 2016, is gekeur as die nasionale wenner van Chenin Blanc.

Nuy-wynkelder in die Nuyvallei by Worcester se Nuy Red Muscadel 2010 is aangewys as die nasionale wenner van Muskadel.

Vanjaar se beoordelaars was Kris Snyman, Jeff Grier, Jolette Steyn, David Biggs, Sandile Mkhwanazi, Elize Coetzee en Karen Glanfield.

“Die sleutelfaktore in terroir is die topografie, klimaat, geologie en grond. Ons sê welgedaan aan vanjaar se wenners wat hierdie komponente met geduld, vaardigheid en intuïsie aangepak het om bekroonde wyne te produseer,” sê Lucy Richardson, hoof van bemarking by Novare.

Benewens die nasionale wenners, Top 5-landgoedwyne en die Novare-trofeë, word die beste wyne in die verskillende areas ook aangewys. Die volledige uitslae is beskikbaar op die webwerf www.terroirwineawards.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.