Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rol jou mou op en skenk bloed

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) wil graag vir almal wat kwalifiseer om bloed te skenk, aanmoedig om gedurende Julie iemand se held se wees en bloed te skenk. “Rol jou mou op en skenk bloed, dit sal slegs 30 minute van jou tyd in beslag neem, maar sal ’n lewensveranderende impak op iemand anders s’n hê,” sê Michelle Vermeulen, skakelbeampte van die WKB.

Met die klem wat op Mandeladag val op 18 Julie, wil die WKB graag ’n beroep doen op getroue en nuwe skenkers om 30 minute van jou 67 minute te gebruik om drie lewens te red. Wanneer jy jou skenking gemaak het, sal jy weer oor 56 dae kan bloed skenk.

“Ons het almal in die Wes-Kaap nodig, wat kwalifiseer om bloed te skenk, om iemand se superheld te wees. As ’n superheld sal die WKB vir jou ’n paar sokkies gee as ’n teken van ons waardering indien jy suksesvol bloed skenk,” sê Vermeulen.

Om bloed te skenk, moet jy tussen 16 en 75 wees, meer as 50 kg weeg, goeie gesondheid geniet en ’n veilige seksuele lewe lei.

Vir meer inligting oor hoe jy ’n lewe kan red, SMS “Bloed” na 33507, skakel WKB by 021 507 6300, e-pos info@wcbs.org.za of besoek www.wcbs.org.za. Jou een bloedskenking kan tot drie lewens red.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.