Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rubberkoeëls gebruik om mense uitmekaar te jaag

Altesaam 38 mense is Sondag (10 Februarie) in Darling in hegtenis geneem weens openbare geweld.

Volgens sers. Johnatan Filander, polisiewoordvoerder, is hulle omstreeks 14:10 ontbied ná inligting ontvang is van ’n skietvoorval in Port Jacksonstraat by die huis van ’n vermeende moordverdagte wat verlede week op borgtog vrygelaat is.

Ooggetuies het aan polisiebeamptes vertel dat die verdagtes in die skietery in ’n wit Toyota Corolla met ’n onbe­kende registrasienommer van die toneel gevlug het. Met die polisie se aankoms op die toneel het lede van die gemeen­skap hulle teen die polisie verset.

Hulp is van buurdorpe se polisiekantore ingeroep. Atlantis- en Malmesbury-polisie was binne minute op die toneel. MSS-sekerheidsdienste, Swartland-wetstoepassing asook Dogs and All het ook hulp verleen.

“Die polisie is gedwing om rubberkoeëls te gebruik om die skare uitmekaar te jaag omdat die polisie en die voertuie met klippe bestook is.” Niemand is in die voorval beseer nie. Omstandighede rakende die skietvoor­val is nog vaag en word tans ondersoek.

Nog vyf mense is op die toneel in hegtenis geneem weens die handel in dwelms. Onwettige drankwinkels in die gebied is ook deursoek, maar sonder sukses.

“Die Darling-polisie wil ’n duidelike boodskap aan die gemeenskap stuur om nie reg in eie hande te neem nie. Oortreders sal in hegtenis geneem word en voor die hof gebring word vir reg om te geskied.”

Hulle het ook ’n waarskuwing aan dwelmhandelaars gerig.

“Dwelmhandel is besig om die lewe van onskuldige jongmense te vernietig. Dwelmmisbruik is die hoofoorsaak van sosiale agteruitgang by ons jeug.”

Enigiemand met inligting oor die skietvoorval kan Misdaad Stop skakel by 08600 10111.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.