Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rugbyslot dalk verlam ná val

“Dit is rugby en dit gebeur in rugby,” meen die ouers van ’n geliefde en bekende rugbyslot van Redelinghuys wat in die Groote Schuur-hospitaal aansterk ná hy Saterdag sy nek tydens ’n wedstryd beseer het.

Wiehann Klaasen (25) het twee nekwerwels verskuif en een gekraak in ’n Boland-ligawedstryd op Redelinghuys teen die Flying Eagles van Malmesbury. Hy is vermoedelik opgelig in ’n geskarrel en het op sy nek te lande gekom. Hy speel vir sy dorp se Red Stars-rugbyklub.

Wiehann is Saterdagaand van die Radie Kotze Provinsiale Hospitaal op Piketberg na die Tygerberg-hospitaal in Parow-Oos, Kaapstad, geneem. Daar is sy ouers, Willem en Anna Klaasen, volgens sy oom, Billy Claasen, Sondagaand ingelig dat hulle seun verlam gaan wees. Hy is daarna na die ruggraat-eenheid in die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas.

Dokters het die verskuifde werwels met plaatjies en skroewe teruggeskuif en geheg in ’n operasie van vier en ’n half uur.

Wiehann kon Dinsdag sy vingers beweeg. “Die dokters het gesê dat hulle baie beïndruk is met Wiehann se vordering en dat die operasie ’n groot sukses was. Die dokters is vol hoop dat Wiehann volkome sal herstel,” het Billy gesê. Die gekraakte werwel behoort self weer aan te groei.

Sy ouers verwyt niemand vir die ongeluk nie en wil ook nie hê dat enige van die spelers hulleself daaroor moet verwyt nie.

Wiehann gaan oor ’n tydjie na die gewone saal oorgeplaas word. Hy sal later na die Wes-Kaapse rehabilitasiesentrum in Mitchell’s Plain oorgeplaas word.

Die Chris Burger Petro Jackson-fonds vir Suid-Afrikaanse rugbyspelers, wat gedurende ’n rugbywedstryd ernstige kop, nek of ruggraatbeserings opdoen, betaal Wiehann se ouers se verblyf naby die hospitaal.

Teen saktyd was Wiehann, wat al verskeie rugbytoekennings gekry het, nog aan ’n asemhalingstoestel gekoppel. Volgens Billy is almal hoopvol dat hy op die ou end volkome sal herstel. “Die hele gemeenskap van Redelinghuys staan agter ons en so ook Red Stars en Boland-rugby.” Op Facebook het bykans ’n honderd mense geskryf dat hulle vir die familie bid en hulle sterkte toegewens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.