Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Saai-projek reik uit na begunstigdes in die dorp

Die Porterville-gemeenskapsvereniging sal vandag (9 April) die finansiële opbrengs van koring wat gedurende die 2018-’19-seisoen geproduseer is aan vier begunstigdes oorhandig.

Die Porterville-gemeenskapsvere­niging is in 2003 gestig as ’n liefdadig­heidsorganisasie wat alle winste wat genereer word, aan Porterville se gemeenskap oordra.

Om ’n inkomste te genereer, is ’n saaiprojek in 2004 op die been gebring wat die verbouing van graan op meentgrond van 25 ha by Porterville behels. Die grond word gratis deur Bergrivier-munisipaliteit voorsien. Om ’n groter deel van die inkomste uit die verkope van die graan aan die begunstigdes beskikbaar te stel, word verskeie insetverskaffers genader om insette (saad, kunsmis, chemie) en dienste (krediet, boekhouding, kontrakwerk) volledig of gedeeltelik te borg.

“Die betrokkenheid en ondersteuning van die borge is die kern tot die sukses van dié saai-projek. Dit het dit moontlik gemaak om gedurende die produksieseisoen van 2018-’19 ’n netto inkomste van R200 000 aan die begunstigdes te verdeel. Dit bring mee dat daar oor die afgelope 16 jaar altesaam R1 134 370 teruggeploeg is in die gemeenskap van Porterville,” het een van die organiseerders gesê.

Die borge wat van die begin van die saai-projek betrokke was, is die Bergrivier-munisipaliteit, Kaap Agri, Sensako, Yara, Soill, Omnia, Viking, Villa Crop Protection, AG-Sprayers en Louw & Cronje-geoktrooieerde rekenmeesters, Wenkem, Inteligro, Nitrophoska, Bayer, RSAM, Mutual and Federal-versekering, Syngenta, Porterville Korrektiewe Dienste en SA Kalk &Gips.

Die netto inkomste wat die saai-projek genereer, word aan vier behoeftige instansies van die projek uitgedeel, naamlik Porterville Primêr, Hoërskool Porterville, Huis Nerina en Badisa Christelike welsynsorganisasie.

“Die doelwit is dat die geld binne elke instansie aan minderbevoorregte mense oorgedra word. Soos blyk uit die seleksie van die begunstigdes word die klem op kinders en bejaardes geplaas.

“Die Porterville-gemeenskapsver­eniging streef daarna om op volhou­bare wyse aan sy gemeenskap finansiële ondersteuning te bied en daadwerklik ’n verskil te maak in die lewe van minderbevoorregtes.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.