Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun al vir meer as ’n week weg

Die polisie in Ashton is op soek na ’n 11-jarige seun van Ashton nadat hy meer as ’n week gelede vermis geraak het.

Wesley Scoombie, ’n graad 4-leerder aan H. Venter Primêr, is volgens familie laas 26 Oktober gesien. Hy het ’n groen trui en bruin broek aangehad. Hy is 1,1 meter lank en het krul hare.

Volgens sy maatjies het hulle hom laas by die parkie in die dorp gesien. “Ons was op pad winkel toe, toe ons hom by die parkie naby Kekkel & Kraai saam met drie mans gesien het. Hulle het gesit en rook. Die een man het ’n Basil Read-baadjie en die ander een het ’n rooi trui aangehad. Dit was omstreeks 13:00 , want die mense het al uit die werk uit gekom,” sê sy vriend.

“Hy het na my geroep, maar ek het gesê ons gaan by die winkel vir hom wag. Ná ’n paar minute het ons gaan kyk waar hy is, want hy het nie uitgekom nie, maar hy was nie meer daar nie.”

AO Sylvester Joseph, Ashton-polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê enigeen met inligting oor waar Wesley kan wees of wat die polisie met die ondersoek kan help, word versoek om die Ashton-polisie by 023 615 8120 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.