Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sewestoernooi beloof goeie hardlooprugby

Alle paaie lei hierdie naweek na Van Zylstraat-stadion waar die Robertson Town/ Barbarians-sewesrugbyklub se gewilde sewesrugbytoernooi gaan plaasvind.

Altesaam 16 topspanne van oor die Wes-Kaap gaan hulle talente kom tentoonstel en rugbyliefhebbers kan uitsien na ’n dag propvol hardloop­rugby.

Die deelnemende spanne is: Living Legends (Strand), Warriors (Paarl), Spartans (Kraaifontein), Super Bros (Worcester), Barbarians (Witzenberg), Algulhus-sewes (Bredasdorp), Ubuntu-sewes (Wellington), Fixers-sewes (Moorreesburg), Montagu-sewes (Montagu), Stone Hearts (Worcester), Black Knights (Bonievale), Boomstompe (Ceres), Rebels (Kraaifontein), Barbarians (Newton), Barbarians (Robertson) en die Liberty Webb Rebels (Strand).

Daar sal ook ’n biertent en verskeie kosstalletjies op die terrein wees.

Behalwe die verskeie gelukstrekkings wat deur die dag gaan plaasvind, kan toeskouers ook daarna uitsien om blad te skud en vir ’n foto of twee te poseer saam met die Blitsbokke, Dewald Human, Malcolm Jaer asook die SA akademie-speler, Qamani Kota, wat die toernooi gaan bywoon.

Toegang beloop R20 vir volwassenes, R10 vir skoliere onder 13 en R10 vir voertuie. Hekke open reeds 08:00 met die eerste wedstryde wat 09:30 gaan afskop.

. Vir nog inligting, bel die toernooidirekteur Lionel Hendricks by 082 709 3657 of vir Reynaldo Samson by 083 302 9401.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.