Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sewestoernooi lok baie spanne

Base for Sport het Saterdag (11 Janu­a­rie) ’n sewestoernooi by die Glas­kas­teel in Bredasdorp aangebied.

Dié toernooi en ’n prysgeld van R10 000 is deur die Northerns van Elsiesrivier gewen. Napier-rugby- en voetbalklub se A-span was die naaswenners en het R3 000 ontvang.

Die spanne wat in die halfeindronde gespeel het was Bredasdorp Rangers (A) teen Northerns (Elsiesrivier) en Sea Hawks 12-19 teen Napier (A). Northerns het met 12-7 gewen en Napier met 19-12. In die eindstryd het Napier met 12-26 teen Northerns verloor.

Deelnemende spanne was Standards Bredasdorp, Napier (A) en (B), Bonnievale (A) en (B), Bredasdorp Rangers (A) en (B), Caledon, Gansbaai, Struisbaai, Sea Hawks en Northerns (Elsiesrivier).

Godfrey Gertse, die organiseerder, het Base for Sport begin om sport, en veral rugby, in die omgewing te bevorder. Ook om geleenthede vir rugbywedstryde te bring. Hy het Saterdag na afloop van die toernooi elke span, afrigter en rolspeler bedank.

Nathan October, Napier se afrigter, wens Napier geluk met sy tweede plek. “Na jare wat ons weer sewes speel en met meer voorbereiding, kan ons nóg beter doen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.