Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skakerings van vrouwees

Augustus is Vrouemaand. Die maand waarin die fokus val op die waarde van die vrou en waartydens hulle vereer en bemoedig word.

Menige spreker by Vrouemaand- geleenthede doen hul bes om die vrou te vereer en te bemagtig, en hierdeur is daar baie vroue wat hulself weer vind asook genesing ontvang, as gevolg van wonderlike onderwerpe wat bepreek word.

Tog is daar talle vroue wat dag vir dag ly onder verskriklike vorms van mishandeling en teistering. Vroue wat hierdie onding swygsaam verdra oor vrese wat hulle in hul saamdra. Duisende vroueslagoffers van verkragting en aanranding verdra hierdie marteling ter wille van hul kinders, om die dak oor hul kop te behou en nog ander redes wat hul aanvoer.

My hart gaan uit na die vrou wat magteloos moet toekyk hoe ’n genadelose “ander vrou” besig is om haar huweliksgeluk van haar te steel deur te flankeer met haar man. Dit moet vir seker een van die pynlikste ervarings vir ’n getroude vrou wees. Elke saad wat jy egter saai, sal opkom, groei en in die toekoms geoes word.

En dan is daar die getroude vrou wat keer op keer deur haar man verkrag word terwyl hul nie meer ’n huwelik het nie. En wat van die vroue in die gevangenisse wat baie van hul voorregte verloor het omdat hul die verkeerde keuse gemaak het. Die oranje uniforms kan egter nie die feit van hul vrouwees wegneem nie. Die feit dat hul ontneem is van hul vryheid, ontneem hul geensins van ma-wees en die uniekheid van vrouwees nie

Vroue, oud en jonk, se waarde is ver bo korale. Die een waarna die Bybel verwys as die swakkere geslag is in menige huishouding die spil waarom die hele huishoudings draai. ’n Vrou is ’n wyse raadgewer, dokter, verpleegster, onderwyser, ma en vrou en nog baie meer, in een pakkie.

Om met ’n goeie vrou geseën te word, is ’n baie groot bate vir enige man. Te waar, sê die Skrif: “wie ’n vrou gevind het, het iets goed gevind”. Ons bede is net dat al hoe meer mans hierdie waarheid sal ontdek, glo en sy vrou daarvolgens behandel.

Laat ons as vroue met wie dit nie so sleg gaan nie, nooit ophou bid vir ons “medesusters” in ander lande waar die vroue geen stem het nie, nie veel van gedink word nie en soos ’n meubelstuk hanteer word.

Vroue se stem, wysheid en bydrae op alle vlakke in die samelewing moet geensins onderskat word nie. Dit is egter belangrik dat ons as vroue mekaar moet ondersteun en aanmoedig om die beste in elke vrou na vore te bring. Geen vrou het nodig om ’n ander te minag of te beperk nie, want ons het almal unieke eienskappe wat sukses kan bevorder.

Die ideaal sou wees om mekaar te help om elk tot haar volheid te kom en die geskenk van lewe tot sy volheid te geniet en te benut.

Kom laat ons as vroue hande vat en mekaar met respek behandel en saamstaan om erkenning en waardering af te dwing waar dit ontbreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.