Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoolhoof vertel van 40 jaar by Bonnievale Primêr

Met 40 jaar diens agter sy rug onthou hy elke mylpaal wat Bonnievale Primêr oor die jare behaal het – van die ou asbesklaskamers tot die nuwe suursteen-skoolgebou – asof dit net gister gebeur het.

Die oudskoolhoof van Bonnievale Primêr (BPS), Hansie Marthinus, sit op sy agterstoep en onthou elke herinnering van die skool.

Marthinus het Desember verlede jaar, ná 40 jaar in die onderwys uitgetree.

“Ek was vir 40 jaar by dieselfde skool betrokke. Ek het in 1979 as jong onderwyser begin. Hiér het ek departementshoof, onderhoof en later skoolhoof geword,” sê Hansie.

Hy was vir 22 jaar die skoolhoof en sê een van sy trotsste oomblikke was toe die nuwe skoolgebou in 2017 voltooi is en in 2018 ingewy is.

“Ek het vir baie jare die departement gepla vir ’n nuwe skoolgebou. By elke vergadering het ek gevra vir ’n nuwe gebou, want dit was vir my belangrik dat die leerders van ons skool die beste moet hê en net soos ander skole geriewe kan hê wat hulle trots maak om hiér skool te gaan,” vertel Hansie trots.

“Gedurende my jare by BPS kan ek met trots sê dat die onderwysers rêrig vir die kinders omgee. Hulle gee altyd hul samewerking en stel hulself beskikbaar om te help waar hulle kan. Ek het altyd hulle samewerking gekry.”

Hansie voeg by dat hy veral die leerders van die skool gaan mis.

“Ek mis die kleintjies by die skool. Dit is wonderlik om te sien hoe die kinders ontwikkel en nuwe hoogtes bereik.”

Oor sy aftrede vertel hy: “Vandat ek by die huis is, besef ek hoeveel hiér gedoen moet word, want ek was mos maar meestal net by die skool betrokke,” skerts hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.