Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skou bied iets vir almal – van perde tot vermaak

Die Villiersdorp-skou bied vanjaar ’n propvol program vir besoekers aan.

Die perdebeoordeling van die Suid-Afrikaans saalperde, Walliese ponies, ope ryperde en Hackney-ponies sal Vrydag en Saterdag by Villierdorp-skougronde plaasvind.

Gesinne kan aan die appelpak-kompetisie deelneem en die reptiel- en roofvoël-vertoning wat Saterdag aangebied word, gaan die jongspan meer oor dié diere leer. Daar is volop kindervermaak én ’n speelterrein met toesig. Kosstalletjies en ’n wyntuin sal die dors en honger les.

Op Vrydag 11 Oktober om 18:00 sal Demi Lee Moore en Adam by die skouterrein optree. Kaartjies is R200 per persoon en sluit hekgelde in. Bel Chan­tel Wasserman by 072 345 3881 of Hylton Frost by 082 563 8575 vir enige navrae.

Saterdag begin met Brink Spar se Kansa-vroueoggend om 09:30 met Milan Murray. Koste is R250 en sluit hekgelde in. Bel Hannelie Brink by 079 491 3177. . 10:00 Roofvoël vertoning deur Eagle Encounters. 10:30 Emile Karg (wyntuin). 11:30 Dani Villé (wyntuin). 12:00 Slangvertoning deur Tim Vorster. 13:00 Jaco Boshoff (wyntuin). 14:00 Bottomless Coffee Band (wyntuin). 15:15 Dani Villé (wyntuin). 16:30 Jaco Boshoff. 17:30 Michael Meiring. 19:30 DJ tot laat

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.