Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skrik op die lyf

Paniek het verlede week by die Weskus-kollege in Malmesbury geheers nadat ’n persoon met wie meer as een werknemer van die kollege glo in kontak gekom het, positief vir die gevreesde koronavirus getoets is.

Die omstandighede rakende hoe die werknemers met die persoon in kontak gekom het, is steeds vaag, maar die kollege het wel by navraag bevestig die betrokke werknemers het almal negatief vir die Covid-19-siekte getoets.

“Die partye wat gedink het dat hulle blootstelling aan iemand wat die siekte het gehad het, is getoets en die uitslae was negatief,” het Rhazia Hamza, adjunkhoof van innovasie en ontwikkeling gesê.

Die kollege het wel ná die president se aankondiging wat die pandemie as ’n nasionale ramp verklaar, en in ooreenkomstig met die departement van hoër onderwys en opleiding se besluit om klasse by tersiêre instansies op te skort, sy klasse vir die interim tot 15 April gestaak en werknemers aangemoedig om die nodige voorsorg­maatreëls ten opsigte van higiëne na te volg om sodoende veilig en gesond te bly.

“Ons hou ’n uitwissingsveldtog waar daar van personeel verwag word om twee keer per dag diensplekke soos werksoppervlaktes af te vee, dit wil sê soggens en ná middagete. Vergaderings van meer as 100 mense kan nie plaasvind nie en aktiwiteite waarby kleiner groepe betrokke is, bv. eenheidsvergaderings, sal voortgaan met die nodige higiëniese voorsorg­maatreëls wat nagekom moet word.

“Alle studentebyeenkomste soos kriekettoernooie is opgeskort, sowel as personeelbyeenkomste soos die jaarlikse personeelprysuitdelings en personeel­opleiding.”

Volgens Hamza word gesprekke nog gehou oor of daar met die jaarlikse gradeplegtigheid voortge­gaan sal word en sal ’n besluit nog geneem word.

Intussen het Leensie Lötter, kommunikasiebeampte vir die departement van gesondheid by Swartland-hospitaal in die Weskus-distrik bevestig daar is nog geen positiewe gevalle van Covid-19 in die Swartland aangemeld nie.

Sy het egter inwoners gevra om sosiale distansiëring bes moontlik toe te pas om te keer dat die virus versprei.

“Dit beteken jy en jou gesin moet so min as moontlik kontak met ander mense hê. Die beste is om eerder by die huis te bly. Vermy ook groot byeenkomste, openbare ruimtes, en skares om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. Probeer ook om nie plaaslik te reis nie en eerder tuis te bly. Vermy dit om internasionaal te reis.

Bly weg van ander mense as jy siek is – dit is die belangrikste ding wat jy kan doen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.