Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skryf nou in vir gewilde fietsrit

Dis weer tyd vir die jaarlikse CA2CX bergfietstoer.

Die toer, ten bate is van die Herberg-kinderhuis, vind vanjaar van 16 tot 23 Junie plaas en slegs 40 fietsryers sal aan die toer deelneem.

Die CA2CX is ’n bergfietstoer van 695 km wat elke toegewyde bergfietsryer moet ervaar. Die toer is in ses fases opgedeel. Die daaglikse roete van ongeveer 100 km per fase bestaan uit landbougrond, skouspelagtige landskappe en asemrowende uitsigte. Daar is verskeie passe soos Beulah in Wellington, Oubergpas, Rooibergpas, en die sewe passe op pad na Knysna, waardeur die fietsryers ry tydens die toer.

Die eerste fase is van Eaglevlei na Worcester en die tweede fase van Worcester na Montagu. Die derde fase is Montagu na Ladismith en die vierde fase van Ladismith na Calitzdorp, waarna die vyfde fase van Calitzdorp na George volg. En die laaste fase is van George na Knysna.

Ryers kan by een van die volgende groepe aansluit: Die 14 - 18 km/h, 18-22 km/h of 22 km/h en hoër.

’n Unieke eienskap van die fietstoer is dat die ryers Vrydag tydens die Oesterfees in Knysna aankom. Deelnemers aan die CA2CX kan dan deelneem aan die bergfiets-geleentheid van die Oesterfees as hulle wil. Die toer eindig op ’n Vrydag, maar die toergroep bly in Knysna tot Sondag.

Ryers ontvang ook ’n geskenkpak (insluitend fietsryhemp) ter waarde van R2 000. Hierdie toer bied uitstekende waarde vir geld met verblyf in gastehuise en alle etes ingesluit. Akkommodasie vir die duur van die toer sal in drie- tot vierster-gastehuise en hotelle wees. Alle etes is ingesluit asook akkommodasie tydens die Oesterfeesnaweek teen R11 950 per persoon.

Ondernemings kan ook ’n span of individue inskryf.

Vir meer inligting kontak Petro Uren by 084 586 2583 of e-pos by petro@herberg.co.za. Vir meer inligting oor die CA2CX MTB Toer besoek www.mountainbikeadventuretours.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.