Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stadion, doring in vlees

“Die tyd toe sport hoogty op die Van Zylstraat-stadion gevier het en dié stadion die trots van die inwoners was, is lankal reeds verby en al wat tans bly staan, is ’n gebroke stadion sonder ’n klubhuis.”

Só sê Danny September, ’n gemeen­skapsaktivis. Hy sê dié stadion het al jare agteruitgegaan, maar die Langeberg-munisipaliteit steur hom nie daaraan nie.

“Die stadion is onooglik. Dit lyk onnet van buite af en sodra jy binne by die rugbyveld staan dan kan jy sien hoe sleg dit lyk. Langs jou is ’n halwe klubhuis wat op ’n tyd die gemeenskap se trots was. Nou is dit net ’n leë dop sonder ’n dak,” sê September.

Die probleme stop nie hier nie.

“Die veld is so vol dorings dat ons die laaste drie maande ses sokkerballe dáár verloor het,” sê Remo Bronn, van die Robertson-sokkerklub, wat onlangs verbied is om die sportterrein te gebruik.

“Die rugbymanne is al wat die grond mag gebruik. Ons moet skelmpies in die aande oor die mure spring om die veld te kan gebruik. Is die veld dan nie daar vir die gemeenskap nie?”

Die paviljoene is ook ’n groot gevaar omdat dit besig is om uitme­kaar te val.

“Met die rugbyseisoen is die stadion volgepak. Wat gaan ons maak as die paviljoene inmekaar val. Wie gaan moet betaal met hul lewens? Dis ons mense. Die munisipaliteit gee nie om oor die sportterrein nie,” voeg September by..Vervolg op bl 2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.