Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Storm’ woed in pyplyne

Theewaterskloof-munisipaliteit het Woensdagmiddag ’n SMS uitgestuur om inwoners oor die blokkasie van die stormwaterstelsel in te lig.

Volgens Stiffie Cronje, woordvoerder van TWK, het verlede naweek se swaar reënneerslae skade en blokkasies in talle stormwaterstelsels in meeste dorpe van Theewaterskloof veroorsaak.

“Die blokkasies het talle stormwaterstelsels en paaie beskadig en die reën het ‘minivloede’ in stormwaterstelsels veroorsaak. Sand, huishoudelike materiaal, en -toerusting het in die stormwaterkanale afgespoel en plek-plek opgedam.”

Volgens Cronje het dit die vloei van water verhoed. “Die water het dus uit die kanale oor paaie gespoel en talle strate en padoppervlaktes is erg verweer en beskadig.” Cronje sê die munisipaliteit het voor die aankoms van winter stormwaterstelsels nagegaan en seker gemaak dat dit oop is. “Vullis en huishoudelike materiaal en ander items is egter agterna in die kanale gestort en het tot die verstoppings bygedra.”

Cronje sê dit is bekend dat die munisipaliteit inwoners al meermale versoek het om nie goedere in stormwaterkanale te gooi nie omdat dit, met swaar reën, tot verstoppings lei.

“Die munisipaliteit wys die publiek daarop dat swaar reënneerslae vir die res van die winter verwag word en dat hulle niks in stormwaterstelsels moet sit nie.”

. Die munisipaliteit versoek die publiek om mede-eienaarskap van die situasie te neem en toe te sien dat stormwaterkanale oop bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.