Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sy sterfte laat ’n groot leemte

Die polisie op Ashton ondersoek ’n saak van moord nadat ’n man Sondag in die oggendure naby Bon Carouge doodgesteek is.

Die oorledene, Alex Mapfumo, van Montagu, is glo deur ’n groep mans by Mon Don aangeval. Hy het aan ’n steekwond aan die kop beswyk.

Volgens Mapfumo se vrou, Marlene Antonie, het sy die vorige aand baie onrustig geword toe hy nie huis toe kom nie. “Hy is na Wacky Wines toe saam met twee van sy vriende. Ek het bekommerd geword omdat hy nooit laat huis toe kom nie. Ek het toe die volgende oggend na hom gaan soek. Ek het oral rondgevra. ’n Sekerheidswag het vir my gesê iemand is die nag gesteek. Ek het vir hom beskryf wat Alex aangehad het, toe wys hy vir my ’n jas. Ek het dit dadelik herken – dit was Alex s’n,” vertel sy.

Die egpaar is langer as ’n jaar gelede getroud en het ’n vier maande oue baba saam. “Ons baba is in die hospitaal omdat sy te vroeg gebore is. Ons het altyd Sondae na haar toe gegaan,” vertel sy verder.

Mapfumo was ’n prosesbestuurder by Montagu Foods en volgens Antonie baie gewild en geliefd onder sy kollegas.

“Die Montagu Foods-personeel is diep geskok en hartseer oor Alex se afsterwe. Hy laat ’n enorme leemte – ’n plek wat deur niemand anders gevul kan word nie. Ons bid net dat geregtigheid sal geskied,” het Ingrid Uys, finansiële bestuurder by Montagu Foods, Maandag aan Gazette gesê.

“Hy was ’n ongelooflike goeie mens. Dit wat met hom gebeur het, was nie reg nie. Hy was ’n goeie werknemer en vriend en het altyd gehelp waar hy kon. Hy kon vinnig probleme oplos; ons gaan hom baie mis.”

AO Sylvester Joseph van die Ashton-polisie het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Enigiemand wat enige inligting rakende die voorval het wat die polisie met die ondersoek kan help, kan speursersant George by 023 615 8120/34 bel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.