Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tak is diep gewortel in dorp

AfriForum in Malmesbury het as deel van sy boomplant-inisiatief in same­werking met Big Tree Growers-groothandelkwekery onlangs 17 bome by The Lucky Lucy-stigting buite dié dorp geplant.

Deon de Jager, AfriForum se distriks­koördineerder in die Boland, sê die burgerregteorganisasie het reeds vanjaar meer as 3 000 bome landwyd geplant.

“Deur inheemse bome te plant, is ons nie net besig om die omgewing te bewaar en dit esteties te verbeter nie, maar ons wys ook ons het hoop vir die toekoms.

“Bome is nie net ’n belangrike deel van die ekostelsel en ’n noodsaaklike natuurlike hulpbron nie, maar ook deel van ons erfenis,” het De Jager gesê.

Met hierdie inisiatief fokus AfriForum jaarliks op ’n algemene sowel as ’n skaars boomsoort. Die algemene boom vir 2018 is die opregte geelhout (Podocarpus latifolius), terwyl die skaars boom die grootwitgat (Boscia albitrunca) is.

De Jager sê AfriForum maak ’n punt daarvan om sy takke aan te moedig om inheemse bome te plant wat maklik in hul plaaslike omgewings aard.

“Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het egter deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer en AfriForum se Malmesbury-tak onderneem om hierdie sorg te verskaf. Dit is simbolies daarvan dat ons as AfriForum hiér is om te bly en ware hoop vir die toekoms het,” meen De Jager.

Die Malmesbury-tak moedig die gemeenskap aan om deel van ’n groener toekoms te word en om inheemse bome aan te plant.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.