Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle kiesers het 8 Mei weggebly

Hoewel die DA weer ’n sege in die Wes-Kaap in verlede week se provinsiale verkiesing beklink het, is die kommer uitgespreek oor nie net die afname in kiesers nie, maar ook stemme vir die party.

Die DA het in die 2014- provinsiale verkiesing 59,38 % van die stemme ingewin teenoor 55,45 % in 2019.

Die afname in kiesers is ook op plaaslike vlak weerspieël in die kleiner hoeveelheid kiesers wat by stemlokale in die Swartland opgedaag het.

Die Swartland-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het vanjaar weer as munisipale verkiesingsbeampte opgetree. Swartland Gazette het met hom gepraat om te hoor hoe die verkiesing in dié streek afgeloop het:

“Ek is sedert 2005 betrokke by elk van die drie nasionale/provinsiale verkiesings in 2009, 2014 en 2019, sowel as die munisipale verkiesings van 2006, 2011 en 2016.

“Dit is belangrik om te meld die rol van die munisipale bestuurder en die munisipale verkiesingsbeampte is twee verskillende poste, maar die meeste munisipale bestuurders word deur die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) versoek om as munisipale verkiesingsbeampte op te tree.

“In die vervulling van die rol as munisipale verkiesingsbeampte, moet ek dus ’n ander hoed opsit en is dit belangrik om die skeiding van funksies en verantwoordelikhede nougeset na te kom.”

Scholtz verduidelik die rol van munisipale verkiesingsbeampte word “vervul as verlengstuk van die OVK op plaaslike vlak”.

Dit behels interaksie met alle politieke partye deur middel van onder meer maandelikse party-oorlegkomitee-vergaderings en om seker te maak alle prosesse van kiesersregistrasie en die verkiesing self verloop vry en regverdig en is deursigtig.

Scholtz sê die verteenwoordiging van kleiner partye op die oorlegkomitee was een van die uitdagings in die vervulling van sy rol as munisipale verkiesingsbeampte op plaaslike vlak.

“Hulle wil ’n week of drie voor die verkiesing inligting hê van aktiwiteite en handelinge wat maande tevore reeds afgehandel is,” het hy verduidelik.

“’n Verdere uitdaging is die genoegsame opleiding van partyagente. Hierdie jaar moes ons ’n addisionele opleidingsessie reël aangesien van die leidende party se agente nie een van die eerste vier opleidingsessies bygewoon het nie. Laasgenoemde is gedoen ten einde te verseker dat dinge op verkiesingsdag vlot verloop, want party agente het ’n belangrike waarnemingsrol om te vervul. Dit is waar party agente nie voldoende opgelei is nie waar probleme ervaar word, want dan verstaan hulle nie die prosesse nie.”

Op ’n vraag oor hoe die 2019-stemproses met dié van 2014 vergelyk, het Scholtz gesê “die onlangse verkiesing was vir seker ’n waterskeidingsverkiesing vir ons 25 jaar oue demokrasie, met die meeste partye ooit wat op nasionale en provinsiale vlak deelgeneem het”.

Scholtz sê die stempersentasie met betrekking tot die opkoms van kiesers in die 2014-verkiesings was ’n stewige 7 % hoër as vanjaar.

“Vyf jaar gelede was daar 46 322 geregistreerde kiesers, waarvan 30 483 gestem het. Vir die afgelope verkiesing was daar 4 000 meer geregistreerde kiesers, maar die opkoms van kiesers was 30 613, wat ’n verlaagde kieseropkoms weerspieël.”

Die DA het 64,67% (19 649) van die stemme in die Swartland ontvang, 1 187 stemme minder as in 2014. Die ANC (7 239), VF+ (785) en Good Party (665) was die drie partye met die naas meeste stemme. Scholtz sê die uitgebragte stemme eggo die tendens wat politieke partye landwyd ervaar het “deurdat die groter partye weens die verlaagde kieseropkoms steun ingeboet het en dat van die kleiner partye die voordeel kon benut.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.