Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle kry huis

Die konstruksiereus Asla het onlangs ’n interdik teen ’n groep mense gekry wat ’n behuisingsprojek in Riebeek-Wes in die wiele probeer ry.

Dit volg ná ’n reeks betogings in die dorp weens die beweerde swak bougehalte van die huise, wat sowat 300 m oos van Voortrekkerweg (die hoofpad) gebou word.

Die betogings kom glo nadat twee mense beseer is toe een van die huise gedeeltelik inmekaargeval het. Volgens ’n poniekoerant het mense in die huis gewoon.

In reaksie hierop het Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, gesê: “Daar was ’n voorval waarin twee mense beseer is toe ’n pasvoltooide muur in ’n onklaar geboude huis omgewaai is deur sterk wind wat skielik opgesteek het. Die betrokke huis, en ook nie enige ander huis wat in die proses van voltooiing is, is of word bewoon nie.”

Scholtz sê die boukontrakteur het die voorval aan hulle gerapporteer.

Oor die onlangse betogings het hy gesê “ ’n klein groepie mense is ongelukkig omdat hulle nie kwalifiseer ingevolge die behuisingskriteria nie”.

Geen skade is tydens die betogings aangerig nie. “Asla het betyds opgetree en sekuriteit in plek gehad en aangevul soos wat die situasie dit vereis het.”

Tans word 229 HOP- en 15 GAP-huise gebou en stuk-stuk aan begunstigdes oorhandig, en toegeken ingevolge die behuisingskriteria van die departement van menslike nedersettings, aan begunstigdes op die waglys na gelang van die datum van aansoek. Tot op hede is 65 eenhede aan begunstigdes oorhandig.

Anthony Mentoor, ’n inwoner van Riebeek-Wes en voorsitter van die behuisingskomitee, het in ’n skrywe aan Swartland Gazette gesê die klein groepie wat nou moeilikheid probeer maak, wil voorgee hulle doen werk in die gemeenskap. “Die gemeenskap ken hulle van geen kant af nie. Ons mense wag al 20 jaar vir huise en die groepie weerhou ons van huise. Hulle is selfsugtig met hul eie agendas.”

Mentoor het intussen by verskeie nuwe intrekkers besoek afgelê waar hulle in ’n boek geteken het dat hulle gelukkig is in hul woonplekke. Hy het Asla en die munisipaliteit bedank vir die bou van die huise en diens aan die gemeenskap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.