Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tannie Annerie tree nou uit

Sy het in 1990 saam met die crèche begin met die doel om daar te werk tot hulle kon bekostig om iemand aan te stel, maar haar passie vir kinders het haar nog dertig jaar daar gehou.

Nou ná drie dekades tree Annerie Sheridan, beter bekend onder haar kleuters en kollegas as “tannie Annerie”, af.

In ’n terugblik oor waar dit als begin het, vertel sy: “Toe ons daar ingetrek het, het ons die mooiste ingeboude kaste gehad – met niks in die kaste nie.”

Nou, sê sy, is daar skaars plek vir al die goedjies wat hulle versamel het oor die jare.

Tannie Annerie verduidelik dat haar passie vir kinders haar deur die jare gedra het. “Ek wou al van kleins af met klein kindertjies werk. Ons het ’n groot familie met 18 kleinkinders. My suster is die oudste en ek die tweede oudste, ons het verskriklik baie familiebyeenkomste gehou en dan moes ons twee na die niggies en nefies kyk. My suster het dit verpes, en ek was mal daaroor.”

Buiten haar passie vir kinders, is haar sin vir humor ook ongeskonde. Sy vertel haar kollegas spot altyd as hulle haar aan nuwe mense voorstel. “Hulle sal sê, ‘dis tannie Annerie, sy is al op die inventaris’.”

Ná dertig jaar en vyf hoofde later is sy beslis deel van die fondasie wat die crèche so suksesvol gemaak het. Van die kleuters wat destyds in haar klas was, is vandag al self ouers.

Tannie Annerie vertel dat die kinders oor die jare so in haar hart ingekruip het dat haar antwoord oor wat sy die meeste gaan mis nie as ’n verrassing kom nie.

“Ek gaan die kinders die meeste mis, dis vir seker,” antwoord sy sonder twyfel. Sy erken dat sy nog nie heeltemal gereed is om stil te sit nie en sal dus nog as lid van die ACVV-bestuur insette lewer vir haar crèche-en-nasorg-portefeulje.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.