Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tentveldtog maak Here se naam groot
Die tent is Vrydag in Caledon opgeslaan.

Die interkerklike leiersforum wat deur die meeste kerke van Caledon en Middelton verteenwoordig word, bied ’n Evangeliese tentveldtog aan.

’n Tent met 5 000 sitplekke is Vrydag in Caledon opgeslaan – die grootste een nóg.

Van Sondag 4 November tot Woensdag 7 November sal die welbekende evangelis, Nickey Coetzee van Kaapstad, se “Tell them Campaigns” die dienste waarneem.

Die interkerklike leiersforum nooi alle mense van Caledon en omliggende dorpe om in groot getalle te kom luister en die naam van die Here groot te maak.

“Dit is ’n geleentheid vir kerke en lidmate om te wys dat ons ernstig is om God se opdragte uit te voer wat betref liefde en eenheid in Christus en die wen van siele,” verduidelik pastoor Gert Visser. “Daar gaan ook vir siekes gebid word en ons vertrou die Here vir groot deurbrake. Kyk uit vir die groot wit tent.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.