Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Terrorisme glad nie motief vir aanval nie

Die Valke het terrorisme uit­ge­sluit as die motief in die aanval op ’n moskee in Malmesbury verlede maand waarin drie mense dood is.

Twee mense, Ismail Bassa (74) en Sayaad Hidig het in die vroeë oggendure 14 Junie in ’n mesaanval gesterf, terwyl die aanvaller, ’n Somaliese burger, Nur Arawal (25), ná die aanval deur ’n polisiebeampte doodgeskiet is.

Bassa en Hidig asook Arawal is die dag ná die voorval volgens Moslem-kultuur begrawe.

Luidens ’n verklaring wat deur brigadier, Hangwani Mulaudzi, Donderdag 5 Julie bekendgestel is, was Arawal, van 2013 tot onlangs, ’n buitepasiënt by Bellville se Karl Bremer-psigiatriese hospitaal.

“Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie, maar daar is geen aanduiding om enige betrokkenheid van ekstremiste of radikale aktiwiteit voor te stel nie. Arawal se oorblyfsels is aan die familie vir repatriasie en begrafnis oorhandig,” het Mulaudzi in die verklaring gesê.


. Mulaudzi noem ook in die verklaring dat die omstandig­hede rakende die dood van Arawal deur die onafhanklike ondersoekende polisiedirek­toraat ondersoek word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.