SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Terug op die spoor . . .

’n Program eie in sy soort. #OpSeerSeSpoor in samewerking met Kuier en Son, kyk terug na die land se wreedste moorde, met die aanbieder Ernusta Maralack.

kykNET&kie, in samewerking met Kuier en Son, bied aan ’n misdaadreeks wat eie in sy soort is. Die splinternuwe reeks, Op Seer se Spoor, volg die reis van Kuier se artikelredakteur, Ernusta Maralack, ’n vrou wat in haar loopbaan as joernalis al baie gesien het. In die reeks herbesoek Ernusta, gemeenskappe wat geruk is deur misdaad waarmee hulle steeds sukkel om sin van te maak. Ernusta gaan terug na die tonele van die wreedste moorde in die Wes-Kaap, na stories wat sy soms self gedek het. Sy sal onder meer onderhoude voer met familielede van die slagoffers en in sommige gevalle ook met familielede van die oortreders in ’n soektog na antwoorde en begrip van hoekom hierdie misdade gebeur het, en hoe dit gemeenskappe affekteer het.

“Ons lewe in ’n tyd waar jy elke keer wanneer jy ’n koerant oopslaan of nuus aanlyn lees, gekonfronteer word met van die wreedste misdaadstories. Nes jy gedink het jy het al die ergste gehoor ruk nóg ’n storie jou. In Op Seer se Spoor vra ons, “wat kan ons as ’n gemeenskap doen om hierdie gruweldade in die toekoms te verhoed?”

Op Seer se Spoor begin op Dinsdag 15 Januarie 2019 om 20:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145.

Dié reeks van 13 episodes word deur Gambit Films vervaardig, wat ook verantwoordelik is vir die Safta-wenner en internasionaal-bekroonde fliek, Nommer37.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.