Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tobias (54) se lyk gevind

ROBERTSON – Die erg ontbinde lyk van Marius Tobias (54) is onlangs op ’n proefplaas buite Robertson gevind.

Volgens inlig­ting het ’n jong seun, wat hase gejag het, op die lyk afgekom. “Tobias is sowat ’n maand gelede as vermis aangemeld. Ons is baie hartseer en sy ma, Corrie Soloman, is verslae oor die manier waarop hy gevind is,” vertel ’n familielid, Diavian Carolus.

Carolus sê nog niemand weet wat die oorsaak van Tobias se dood is nie en die polisie is besig met hul ondersoek.

“Hy was ’n stil mens en het nie baie woorde gehad nie. Hy het altyd gehelp waar hy kon en het ’n groot hart vir sy familie gehad,” sê Carolus.

Die familie was baie bekommerd oor Tobias omdat hy nie gesond was nie en aan epilepsie gely het. “Ons sal hom altyd onthou vir die mens wat hy was en hy laat reeds ’n groot leemte.”

Tobias het in die vroeë jare tagtig aan die Universiteit van Wes-Kaapland onderwys gestudeer. “Hy was baie slim met syfers en het akademies op skool en universiteit uitgeblink.”

Tobias was nooit getroud nie, maar laat een 29-jarige seun agter.

Die familie het ’n klein begrafnis­diens vir hom gereël weens die Covid-19-regulasies wat deur die regering daargestel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.