SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Toename in aanrandings bly kommerwekkend

Die Malmesbury-polisie wil weereens die publiek inlig aangaande die styging in aanrandings.

Gemeenskapslede gooi altyd ’n stuiwer in die armbeurs deur te sê dat dit die werk van die polisie is om dié soort misdaad hok te slaan.

“Die mense moet saam met die polisie eienaarskap neem om aanrandings uit die gemeenskap te verwyder,” het die polisiewoordvoerder, sers. Henry du Randt, gesê.

Die polisie is tans besig om navorsing oor die styging van aanrandings te doen.

Volgens Du Randt toon statistieke dat aanranding met meer as 3,7% toegeneem het en aanranding met die doel om ernstig te beseer met 8,1%.

Hy sê dit is kommerwekkend dat die gemeenskappe mishandeling aanvaar en dat hy verbaas is dat vroue dink dit is reg om deur hul mans aangerand te word.

“Baie van die misdade wat aangemeld word, gebeur by huise. Baie mans wat voor die hof verskyn, erken dat hulle hul metgeselle fisiek mishandel. In verskeie gevalle word alkohol die skuld gegee en ander kere is dit die gebruik van dwelms.

“Dít is waarom die polisie hul optredes rakende die misbruik van alkohol en die gebruik van dwelms verskerp,” het Du Randt gesê.

Die afgelope maand is ses mense deur die Malmesbury-hof skuldig bevind vir soortgelyke misdade:. Nadius Solomons is skuldig bevind aan ernstige aanranding. . Willem Arries is skuldig bevind aan die oortreding toe hy die beskermingsbevel verontagsaam. . Jack Toontjies is skuldig bevind aan aanranding. . Lee-halen Danster is skuldig bevind aan die oortreding van ’n beskermingsbevel. . Elroy Julies is skuldig bevind aan aanranding. . Myron Erasmus is skuldig bevind aan aanranding.

“ ’n Gesonde samelewing sonder enige misdaad kan slegs plaasvind as die polisie en die gemeenskap saamwerk,” het Du Randt gesê. .

“Die vermeerdering van polisie-beamptes alleen is nie die oplossing om misdaad hok te slaan nie, misdaad is ’n gemeenskaplike probleem en daarom is dit die probleem van alle rolspelers en inwoners.

“Volgens ons navorsing het dit ook aan die lig gekom dat kriminele klagte geopen word net om iemand te na te kom en later sal die klaer dan net weer die saak terugtrek.”

Hy sê die “probleemdae” is Saterdae tussen 18:00 tot middernag en Sondae van 12:00 tot so 21:00.

“Gesinsgeweld maak 40,2% uit van die aanrandings wat aangemeld is vir die afgelope drie maande,” het hy gesê.

Volgens Du Randt is dit moeilik vir iemand wat in die hof skuldig bevind word om ’n visa, polisieklaring of vuurwapenlisensie te kry. “Dit gaan ook teen daardie persoon tel as hy aansoek vir werk wil doen.”

Du Randt moedig inwoners aan om misdaad te bekamp. “Misdaadbekamping begin by die huis, in die skool en in die gemeenskap. Elke gemeenskap moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie omgewing.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.