Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toenemende inbrake ’n kwelling

Inbrake het in Junie in Caledon, Botrivier en Tesse­laarsdal se polisiërings­gebied toegeneem.

Lt.kol. Norman Evertson sê in vergelyking met huisbrake verlede jaar, is die situasie kommerwekkend.

“Verlede jaar was huisbrake redelik laag, maar dit het nou met meer as 200% in die omgewing toegeneem.”

Volgens Evertson is dit Botrivier en Caledon wat geteiken word.

“Inbrake by sakeonder­ne­mings het ook in vergelyking met verlede jaar toegeneem. Onlangse inbrake is by store op plase en sakeondernemings in die middedorp in Caledon aangemeld.”

Volgens Evertson is ’n verdagte die naweek in hegtenis geneem wat met verskeie sake van inbraak verbind word.

Everston versoek inwoners om verdagte mense wat doelloos ronddwaal by die polisie aan te meld.

Evertson sê die polisie sal sterk teen mense optree wat gesteelde goedere koop. “ ’n Persoon wat in besit van gesteelde items gevind word, sal in hegtenis geneem word en aangekla word.”

Die kolonel sê die verkoop en ontvangs van gesteelde items, gaan nie langer geduld word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.