Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toernooi hou die bal gelukkig aan die rol

Moorreesburg-rolbalklub het op 2 en 3 Oktober sy eerste toernooi gehou sedert Covid-19-regulasies in werking getree is.

Die vyf maande wat toernooie verbied is, het die klub ’n groot knou toegedien. Sou hierdie toernooi nie nou plaasgevind het nie, sou die klub sy deure moes toemaak.

Die Moorreesburg-lente­toernooi is vir die 17de jaar aangebied en is oor twee dae gehou. Spelers van oor die Weskus en selfs Durbanville het deelgeneem. Ian, Marietjie en Floris Venter van LCE was die wenspan met Al Calone en sy span van LCE, en Lukas Groenewald en sy span van Velddrif onderskeidelik in die tweede en derde plek.

Moorreesburg-rolbalklub wil net weer die borge wat die dag moontlik gemaak het bedank. Ondernemings het in die moeilike ekonomiese tye steeds hulle harte en hande vir rolbal oopgemaak soos te sien was aan die goeie pryse en die lootjietafel wat gekreun het onder die produkte.

Die spelers is ook met ’n heerlike skaapbraai getrakteer.

. Die Moorreesburg-rolbalklub se sakeliga sal binnekort weer begin en alle ondernemings word genooi om solank hul spanne bymekaar te kry.

Jonk en oud is welkom om by die klub te kom rol. Belangstellendes het drie maande kans om dit uit te toets alvorens lidmaat­skapgelde betaalbaar is. Bel die klubpresident Johann Smuts by 076 693 1538 vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.