Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Topkandidate van gesogte kompetisie aangekondig

Sauvignon Blanc Suid-Afrika het onlangs sy 20 topkandidate in die 2020 Sauvignon Blanc SA Top-10-kompetisie aangewys – die enigste Suid-Afrikaanse kompetisie wat uitsluitlik aan sauvignon blanc toegewy is.

Drie plaaslike wynprodusente het dié gesogte lys gehaal. Altesaam 96 produ­sente het 149 wyne vir vanjaar se kom­petisie ingeskryf wat onder die vaandel van Sauvignon Blanc SA, met die ondersteuning van FNB, aangebied word.

Die land se uiteenlopende wynbou­streke is goed verteenwoordig met verskeie streke wat meer as een toppresterende wyn gelewer het. Die 20 topkandidate toon ’n goeie balans met agt wyne van die 2020-oesjaar en 10 van die 2019-oesjaar, wat weer eens bevestig dat 2019 ’n uitstekende jaar vir sauvignon blanc was én die langlewendheid van die kultivar beklemtoon. Enkele wyne verskyn vir die eerste keer op die lys van finaliste wat as geheel innovasie en diversiteit in die style van sauvignon blanc in Suid-Afrika verteenwoordig.

Die drie plaaslike produsente en finaliste is:

Bon Courage se The Gooseberry Bush Sauvignon Blanc 2020 deur die wynmakers Jacques Bruwer en Philip Viljoen van Robertson. Alvi’s Drift Sauvignon Blanc Reserve 2020 gemaak deur dr. Alvi van der Merwe van Worcester en Cilmor Limited Edition Sauvignon Blanc 2019 deur die wynmaker en bestuurder Quintin van der Westhuizen van Worcester.

Die ander finaliste is:. D’Aria The Wild Thing Sauvignon Blanc 2019;. Darling Cellars Gustus Sauvignon Blanc 2019;. De Grendel Sauvignon Blanc 2020;. Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2020;. Elgin Vintners Sauvignon Blanc 2019. Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2018;. Highlands Road Sauvignon Blanc White Reserve 2017;. Iona Elgin Highlands Wild Ferment Sauvignon Blanc 2019;. Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019;. Kleine Zalze Vineyard Selection Sauvignon Blanc 2019;. Ormonde Chip Off The Old Block Sauvignon Blanc 2019;. Paul Cluver Sauvignon Blanc 2019;. Spier 21 Gables Sauvignon Blanc 2020;. Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2019;. Stellenbosch Vineyards Southern View Sauvignon Blanc 2020;. Stellenrust Sauvignon Blanc 2020;. Zevenwacht 7even Sauvignon Blanc 2020.

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit dr. Winifred Bowman, Kaapse wynmeester en sameroeper van die paneel, keldermeester Charles Hopkins van De Grendel, wynbeoordelaar en -skrywer Fiona McDonald en wynmaker Rudger van Wyk van Stark-Condé-wyne.

Die paneel het ook aspirant­beoordelaars onder andere Candice Barnes van Boekenhoutskloof, Kelsey Shungking van De Grendel en Victoria Davis van Glenelly ingesluit.

Die top-10-wenners sal tydens die virtuele Sauvignon Blanc SA Top-10-toekenningsgeleentheid Woensdag 14 Oktober aangekondig word. Alle liefhebbers van sauvignon blanc word genooi om by dié aanlyn feesviering aan te sluit op die webwerf www.sauvignonblanc.com.

. Die jaarlikse Sauvignon Blanc SA tegniese seminaar sal gedurende November as vlogs op die Sauvignon Blanc SA webwerf aangebied word met sprekers wat op tegniese aspekte, soos inligting oor die top-10, sal fokus. Vir nog inligting skakel 021 975 4440 of besoek www.sauvignonblanc.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.