Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toutrekklub is vir ieder en elk

Die Hooprivier-toutrekklub wat in 2019 deur Kotie Terblanche gestig is, het onlangs groot prestasies behaal, maar Kotie sê dit is eintlik ’n hartsaak vir hom.

Kotie, wat self ’n SA toutrekker is en al by die wêreldkampioenskap deelgeneem het, het ook al verskeie nasionale kampioene afgerig. Hy is al vir 32 jaar by dié sportsoort betrokke en sy passie vir toutrek kan nie in woorde beskryf word nie.

Nadat Hoërskool Robertson begin het om toutrek as skolesport aan te bied en Kotie die meisiespan afgerig het – hulle het medaljes op die SA’s verower – het hy besef dié sport in Robertson het reeds op laerskoolvlak afrigting nodig.

“Toutrek is ook ’n geskikte sportsoort vir kinders wat goed in sport is, sowel as hulle wat nie balvaardighede het nie, of wat nog nie ’n sport kon kry wat by hom of haar pas nie,” vertel hy aan Gazette.

Kotie se woorde met die stigting van die span was “geen kind moet verhoed word om deel te neem as gevolg van finansies nie”. Hy maak dit voor elke seisoen baie duidelik dat hy slegs met die kind voor hom werk.

“Ek stel nie belang in wie die ouer is, wat die ouer se beroep of rang in die dorp is nie en wat die ouer borg nie. Alle kinders is dus gelyk en daar word gepoog om te verseker dat alle kinders hulle volle potensiaal bereik, dat hul fiks is aan die einde van die seisoen en dat doelwitte bereik word, hetsy om ekstra kilogram af te skud, fiks te word of selfvertroue te bou.”

Die trekkers verteenwoordig ook verskillende skole in Robertson.

Teané Bezuidenhout van die Voorbereidingskool het as medeafrigter aan boord gekom.

Sy is tydens haar hoërskoolloopbaan self deur Kotie afgerig en verrig wondere met die kinders.

Toutrek is ’n baie harde spansport, nie net fisiek nie, maar ook emosioneel. Die jong kinders het aan die einde van die seisoen met gemak 300 opstote per oefening gedoen. Voor inweeg het hulle maklik 30 keer om die baan gedraf. Die kinders is topfiks.

“Dit is belangrik dat die kinders die korrekte oefeninge moet doen. Dit verseker dat daar nie beserings is nie,” vertel hy.

’n Paar van die toutrekkers het einde 2019 aan hul eerste kompetisie deelge­neem. Januarie 2020 het die klub volstoom begin oefen en het met 34 trekkers aan verskeie kompetisies deelgeneem en dan ook aan die WP/Wynland-kampioenskap op 29 Februarie.

Dáár het die 230 kg-span ’n goue medalje verower en is aangewys as die WP-kampioen en ontvang ook hul Wynland-kleure. Die 320 kg-span ontvang ’n bronsmedalje en ontvang ook hul Wynland-kleure aangesien hul die top-Boland-span by die WP-byeenkoms was.

Op 13 en 14 Maart neem die klub deel aan die SA kampioenskap wat ook in Worcester gehou is. Die 230 kg-span behaal ’n algehele vierde plek.

“Ons het dan ook spanne in die ses topposisies gehad wat uitstekend is vir die kinders se eerste keer by ’n ‘oorweldigende’ SA kampioenskap. Met ons afsluiting was dit opmerklik om te sien dat almal in die klub soos familie geword het, ouers ingesluit. Die kinders het almal baie goeie vriende geraak, ongeag geslag en ouderdom.”

Die kinders wissel van sewe jaar tot 13 jaar en hulle staan by toutrek bekend as die “Kaalvoete”.

. Vir nog inligting, bel Kotie by 083 226 2129.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.