Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Transgender-vrou vat nou departement hof toe

Malmesbury-gevangenis en die minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, is in die kollig nadat ’n veroordeelde moordenaar en trans­gender-vrou die departement van korrektiewe dienste na die gelykheids­hof toe sleep.

Jerome Benjamin (35), wat in 2013 in die Kaapstadse streekhof skuldig bevind is op die moord van die Kapenaar Graham Flax, dien tans 15 jaar ge­vange­nisstraf by Malmesbury- gevange­nis uit. Volgens Benjamin, nou bekend as Jade September, het sy reeds vyf van haar 15 jaar vonnis uitgedien en voer aan dat haar regte as transgender-vrou in ’n gevangenis vir mans geskend is.

Die Regslui vir Menseregte (LHR) het die saak teen verskeie hoofde van verskeie gevangenisse, asook by Masutha ingedien.

Sonja Bormanm, September se verteenwoordiger, voer aan dat die saak teen die Masutha aanhangig gemaak is weens die feit dat haar kliënt onreg­verdig behandel word omdat sy haar voorkeur uitleef.

“Terwyl sy in die tronk is, het lede van korrektiewe dienste haar verhoed om haar geslagsvoorkeur uit te leef deur middel van haar haarstyl, kleredrag en deur ’n bietjie grimering te dra,” sê Bornman

Daar is egter nie afsonderlike gevangenisse vir transgender-mense nie, en kragtens gevangenisregulasies bestaan transgender-mense nie. “Die saak gaan oor die reg van mense op gelykheid en om met waardigheid behandel te word terwyl hulle in die sorg van die staat is,” Bornman sê.

Die saak word 26 November in die gelykheidshof aangehoor. Teen druktyd kon departement van korrektiewe dienste nie vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.