Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Tuin’ kan weer blom

Publieke deelname vir die ontwikkeling en opgradering van die Caledon-veldblomtuin word nou gevra.

“Die doel is om idees vir plaaslike ekonomiese ontwik­keling op gedeeltes van Caledon erf 136 te kry,” verduidelik Martie Koegelenberg, raadslid van wyk 4 en burgemeesters­komiteelid vir finansies van Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK).

TWK se plaaslike ekonomiese ontwikkelingsdepartement doen ’n lewensvatbaarheidstudie wat daarop gemik is om ’n toekoms vir erf 136, insluitend eiendom­me langs die Caledon-natuurtuin te bewerkstellig. Belanghebbendes soos ondernemings, plaaslike gemeenskapslede en toerisme word aangemoedig om die mees lewensvatbare oplossing te vind om die gebied op te hef en te laat herleef en ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

Kommentaar stroom in op Facebook, maar Koegelenberg sê die Facebook-blad is nie vir amptelike terugvoer nie. “Alle idees en kommentaar moet direk aan die konsultante gerig word.”


Facebook-kommentaar:

. Die restaurant kan gerus weer herstel word en verhuur word aan die regte persoon om ’n volwaardige uithangplek vir families te word soos in die verlede . . . As Caledon se gemeenskap net wil saamstaan en help bou aan ’n lekker uitkampplek . . . daar op die oop gedeelte kan tot bungalows opgesit word om te huur, met gastehuise wat so duur is. Slaap en parkeerplek vir gaste asook sommer ’n eetplek wat lekker vermaak verskaf . . .
. Wat van ’n kiddies playpark soos Wonderland Café in Hermanus waar partytjies ook gehou kan word of iets soos ’n Route 44- of Lourensford-mark, natuurlik nie so groot nie, maar die idee van so ’n plek of ’n goeie cosy set up-restaurant met live entertainment.
. Caledon het ’n groot leemte aan ’n ordentlike plek vir kinderpartytjies. My man het gisteraand gesê wat van ’n kwekery, koffiewinkel, speelpark, met ’n staproete deur die botaniese tuin. Geriewe is reeds daar. Dit moet net opgeknap word en reg bestuur word. Fokus moet op toerisme wees.
. Daardie plek is ideaal op die hoofweg. Laat my dink aan Stodels met die diere en playparks en partytjiegeriewe.
. Ek het ’n plan gehad vir die erf, maar wou nog nie die munisipaliteit nader nie as gevolg van die water wat nou so skaars is.

Indien suksesvol sal ons as Caledon craft festivals kan hou en geld inbring.
. Urban Harvest Edible Gardens sou ’n goeie inisiatief wees en sal die plaaslike mense leer om hul eie kos te plant, groei en te oes. Dit kan ook uiteindelik tot ’n organiese mark lei. Dink aan die Fernkloof-boeremark en die geleenthede wat dit vir plaaslike verkopers sal skep. Kontak Urban Harvest Edible Gardens, hulle het baie soortgelyke tuine gedoen in en om Kaapstad in vennootskap met plaaslike munisipaliteite en die privaat sektor en dit sal goed werk met die bestaande natuurlike tuin. Dit sal egter omhein moet word om diefstal van gewasse te voorkom.

Lauren Roode, konsultant van Urban-Econ, het by navraag gesê hulle wil graag by die inwoners uitvind watter toerismegedrewe ontwikkeling hulle graag sal wil sien.

“Belanghebbendes word aangemoedig om innoverende idees en kommentaar te lewer oor ’n ontwikkelingsvoorstel op dié terrein.”


. Kontak Roode by 021447 3449 vir enige verdere navrae en stuur jou idees per e-pos aan roode@urban-econ.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.