Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tuinier spog met groen vingers

“Ek is baie besorg oor hierdie tuin en is so gelukkig om te sien dat die mense wat hier verbyloop altyd iets moois te sê het en werklik belangstel,” sê Saul Swart, die tuinier.

Protea Primêr in Napier is een van die min skole in die streek wat nog kan spog met ’n volhoubare groentetuin op die skoolterrein. Volgens Saul is die groentetuinprojek ongeveer ’n jaar gelede van stapel gestuur met die ondersteuning van The Drift, ’n landgoed buite Napier.

Vergelyk ’n mens foto’s van die eerste dag toe die eerste sooi gespit en kunsmis en saad afgelewer is, kan jy nie glo dat die kaal stuk grond binne net een jaar in ’n lushof ontpop het nie.

Die persoon wat met sy volgehoue harde werk, aansteeklike entoesiasme en groen vingers die projek gedryf het en steeds bestuur, is Napierdorper, Saul.

Komplimente stroom volgens hom ook gereeld van verbygangers in wat in die verbystap nie kan help om vir ’n wyle stil te staan om die rye mielies, beet, kool, pampoen, blomkool, kool, bone, tamaties en sonneblomme te bewonder nie.

Op ’n vraag wat hulle dan beoog om met die sonneblomme te maak, verduidelik Saul die sonneblomme is eintlik daar om die lastige insekte wat andersins die groente, veral die tamaties, sou getakel het, te kul en weg te lok.

Volgens kenners is dit ’n algemene metode om onwelkome insekte weg van jou groente af te hou.

Die idee van die groentetuin is om groente vir die skool se voedingskema te kweek.

Volgens Saul gee hulle tans ook van die groente aan lede van die gemeenskap wat swaarkry “sodat hulle darem ook iets gesond op die tafel kan hê”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.