Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TV-man soek sy ‘verlore kuns’

Die Caledonse televisieaanbieder en joernalis, Heindrich Wyngaard, open binnekort ’n nuwe kreatiewe “hub” aan die begin van Meulstraat.

“Dit gaan ’n plek wees vir mense wat dinge dóén en wat dínk oor wat op die dorp, in die omgewing en in die land aangaan,” sê Wyngaard.

Maar voor hy ’n amptelike opening hou, hoop hy om verlore kuns terug te vind. Dit is sketse en waterverfskil­derye van Tesselaardal wat hy jare gelede by die kunstenaar, Peter Clarke, gekoop het. Wyngaard vertel dat hy dié kunswerk in ’n vriend se motorhuis gestoor het en toe hy dit wou gaan haal, het dit spoorloos verdwyn.

Die vriend het verduidelik dat ’n skoonmaker dit dalk saam met die rommel verwyder het – en nou het Wyngaard slegs een van die werke oor (sien foto) wat in die vriend se huis gehang het.

“My hart is uiteraard baie seer daaroor, maar ek hoop en vertrou dat indien dit wel op die ashoop beland het dat iemand dit sou sien of dalk weet waar dit is indien dit vanaf die ashoop ‘gered’ is. Elkeen van die kunswerke is geraam met ’n beskrywing onderaan in Clarke se handskrif,” vertel Wyngaard.

Hy sê hy is selfs bereid om ’n beloning vir inligting of die terugvind van die kunswerke aan te bied en daar sal nie bohaai gemaak word oor waar dit gevind is nie. . Kontak hom gerus deur die Gazette, op Facebook of by heinw@mweb.co.za as jy die kuns gesien het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.