Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee moorde ontstig Montagu

Twee moorde, wat ure na mekaar gepleeg is, het die gemeenskap van Montagu omtrent ontstel.

Verlede naweek het die polisie in Montagu sy hande vol gehad toe die 24-jarige Thabo Mochela Saterdag 3 Oktober omstreeks 19:00 in die dorp vermoor is.

Na wat verneem word, is Mochela afkomstig van ’n Suid-Afrikaanse buurland.

“Die presiese gebeure rakende sy moord word tans ondersoek. ’n 28-jarige man is in hegtenis geneem en sal vandag (13 Oktober) in die plaaslike hof verskyn. Die slagoffer en die verdagte is slegs kennisse van mekaar,” vertel sersant Surietha Meyer, woordvoerder van die Montagu-polisie.

In ’n ander geval, enkele ure ná die moord op Mochela, is die 18-jarige Dylan Japhta in die vroeë oggendure van Sondag 4 Oktober ook vermoor.

Die polisie is omstreeks 01:00 na die toneel ontbied waar sy liggaam gekry is.

Nog geen verdagte in hierdie moord is vasgetrek nie.

“Die moorde is deur die publiek aangemeld. Die omstandighede word nog ondersoek,” het Meyer bevestig.

Sy verduidelik verder dat dié dorp veral ’n skerp toename in sake van aanranding en soortgelyke misdade gesien het sedert die skuif na vlak een van die nasionale inperking ingevolge die Rampbestuurswet danksy die Covid-19-pandemie.

Gazette het van ’n betroubare bron verneem dat die een oorledene onthoof is en dat albei ’n wreedaardige dood gesterf het.

“Dit is hartseer. Hoe sê ’n gemeen­skap totsiens aan twee jong volwas­senes wat op só ’n wrede manier hul aardse bestaan moes groet. Dit is nie regverdig nie. Ons moet uitkyk vir ons naaste en ons moet dink aan die keuses en die besluite wat ons neem,” vertel Hess Mara, ’n inwoner van dié dorp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.