Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWK en hoofman praat oor Chainoukwa

Twee gemeenskapsleiers uit Theewaterskloof het onlangs ontmoet om sekere aspekte van die TWK-munisipaliteit se indiensnemingsplan te bespreek.

Die burgemeester, Christelle Vosloo, en Kosie Jooste, hoofman van die Khoi-San van die Overberg, het mekaar in die burgemeester se kantoor in Caledon op aandrang van Jooste ontmoet.

Volgens Jooste het hulle hoofsaaklik oor indiensneming van Chainoukwa-stam by die munisipaliteit gepraat.

Die afvaardiging van die TWK was egter van mening dat daar genoeg lede van die Khoi-San in diens van die munisipaliteit is.

Hulle was van mening dat indien DNS-toetse op hul sogenaamde bruin werknemers gedoen sou word, “almal van Khoi-San-oorsprong” sou wees.

Die Khoi-San het egter die aandag daarop gevestig volgens sy handves (die gewoonte en gebruiksreg wat deur hom of haar gehandhaaf word en lidmaatskap van die Khoi-San bepaal) moet sulke mense lid wees van die Griekwas, Korana, Nama, San (boesman) of Cape Khoi of van enige van hul sub-groepering.

Oor hierdie stelling kon die twee partye – nóg die TWK nóg die Khoi-San-afvaardiging – nie ooreenstem nie en is besluit om die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering (Anton Bredell) te raadpleeg om uitsluitsel te gee. Die partye het besluit ’n opvolgvergadering sal dan gereël word.

“Dit was ’n gemaklike en deelnemende vergadering en het in ’n goeie gees plaasgevind,” sê Jooste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.