Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Unieke erfenis by biblioteek te sien

’n Foto-uitstalling van familie-erfstukke is tans in die Idasvallei-biblioteek te sien.

Dié uitstalling is deel van vanjaar se e’Bosch-erfenisfees en sluit in foto’s van erfstukke so ver terug as die 1800’s.

Van die erfstukke behoort aan die Newman-familie in Idasvallei. “Die meeste erfstukke kom uit my ouerhuis en huise van familielede. Dit is meestal stukke wat ons ouers en voorouers vir ons nagelaat het. ’n Mens kry nie meer sulke pragtige meubels met sulke houtsneewerk nie,” vertel Justin Newman terwyl hy na ’n foto van ’n kas wys.

Colleen Adonis, wat vir die afgelope 27 jaar in die biblioteek werk, reël elke jaar ’n uitstalling oor ’n deel van Idasvallei se geskiedenis in die biblioteek.

“Familie-erfstukke is baie belangrik en moet behoue bly soos ons erfenis,” sê Colleen.

Volgens haar is dit belangrik om Idasvallei se geskiedenis te bewaar. “Ons het so ’n ryk geskiedenis. Dis belangrik om ’n plaaslike versameling van inligting oor ons gemeenskap te hê.”

Sy sê leerders doen gereeld navraag vir skooltake en dit help hulle baie om die inligting beskikbaar te stel.

Die uitstalling kan tot 30 September te sien wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.