Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Universiteitsbeurs kan joune wees

Aansoeke vir een van die omvattendste en waardevolste universiteitsbeurse sluit 17 Augustus. Die Allan Gray Fellowship bied vir eerste- en tweedejaarstudente die geleentheid om die beurs te wen. Dié genootskap betaal al die kostes van die studente se kursus insluitend universiteitsgelde, behuising, boeke, akademiese fasilitering en maandelikse sakgeld sou die kandidaat aanvaar word.

Die organisasie se hoofdoel is finansiële bystand en persoonlike en entrepreneuriese groei. Dit bied ook akademiese bystand en toegang tot ’n entrepreneurs- en persoonlike ontwikkelingsprogram gepaard met mentorskap van sakemense en die organisasie se belangegroepe. Kandidate kan ook aansoek doen om finansiering vir nagraadse studies.

Om vir keuring oorweeg te word, moet albei jaargroepe ’n akademiese gemiddelde van 65% behaal het vir verlede jaar en dié jaar se Junie-eksamens.

Eerstejaarstudente moet 21 jaar of jonger wees wanneer hulle aansoek doen en tweedejaarstudente moet 23 jaar of jonger wees.

Besoek gerus hul webtuiste by allangrayorbis.microsoftcrmportals.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.