Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Van kitare, perde en heerlike geregte

Die jaarlikse perderit van die kommando vind vanjaar van 13 tot 14 Julie by die Robertson-skouterrein plaas en beloof om baie pret vir perde-entoesiaste in te hou.

Dit is ook vanjaar die 51ste rit van die kommando. Almal is welkom en enigeen kan aan die perderit deelneem.

Kostes vir naweekkaartjies is R200 per persoon en sluit etes in (die Tafelronde se steak-ete is uitgesluit). Etes is Vrydagaand (braaihoender en slaai) en Saterdagmiddag (boereworsrol met koeldrank, bier of water).

Kampering is gratis en kosstalletjies sal beskikbaar wees.

Die naweek se vieringe beloof om propvol vermaak te wees met ’n spesiale konsert Saterdagaand deur Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels. Kaartjies vir die konsert kos R100 per persoon.

. Alle belangstellendes moet so gou as moontlik by Yolande Beswick by 023 626 2512 bevestig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.