Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vandalisme by skole kan dalk só gekeer word

Volgens ’n ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse departement van gemeenskaps­veiligheid, die polisie en die nasionale vervolgingsgesag van Suid-Afrika (NVG), sal diegene wat hulle skuldig maak aan die vandalisme van skole en skooleiendom geregtelik gestraf word en gevangenisstraf opgelê word.

Plaaslike skole ly al vir baie jare duisende rande se skade weens skrootdiefstal.

Volgens Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse minister van onderwys, spruit hierdie ooreenkoms genaamd, slagoffer-impakverklaring, uit die feit dat vandalisme by skole nie ernstig opgeneem word nie.

“Ons is bekommerd dat voorvalle van vandalisme by skole dikwels nie in ’n ernstige lig gesien word nie aangesien die howe nie altyd ten volle bewus is van die impak van dié optrede op die skool en die onderwysdepartement nie,” sê Schäfer.

Hierdie verklaring is reeds in Oktober in ’n hofsaak gebruik om twee mans, Faeez Brown en Shane Walters, skuldig te bevind aan die huisbraak en diefstal by die Eros-skool in Bridgetown, Athlone.

Brown is drie jaar gevangenisstraf en Walters drie jaar korrektiewe toesig opgelê.

Schäfer sê die slagoffer-impakver­klaring sal nou deur staatsaanklaers gebruik word om borgtog te verset teen die beskuldigde se eerste borgtogver­hoor of ná hulle skuldig bevind is.

Jessica Shelver, die woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdeparte­ment, sê deur die verklaring te gebruik, kan die staat howe met addisionele inligting verskaf oor die impak van inbrake, vandalisme en ander misdade wat by skole gepleeg word.

“Tot op datum was daar bevredigende bevindinge oor voorvalle van vandalisme by skole. ’n Duidelike boodskap, dat daar ernstige gevolge sal wees vir misdadigers wat skole teiken, word nou uitgestuur,” het Shelver gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.