Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verhoor teen vrou wat honde glo mishandel weer voor

Die Swartland/Weskus-diere­beskermingsvereniging (DBV) se saak teen ’n vrou van Hopefield duur voort.

Angie O’Donell staar ver­skeie klagte van dieremishan­deling in die gesig nadat die DBV die afgelope twee jaar 28 diere, wat glo deur O’Donell mishandel is, uit haar sorg verwyder het.

O’Donell, ’n teler van Deense honde, is deur die DBV ingevolge die Wet op Dierebeskerming, Wet 71 van 1962 aangekla vir die wreedheid van honde in haar sorg.

Die DBV het verlede Junie meer as vyf honde van O’Donell se Hopefield-huis verwyder nadat daar bevind is dat hulle uitgeteer en siek was.

In haar onlangse hofversky­ning in die Hopefield-landdroshof het O’Donell se prokureur, Nigel Samuels, geargumenteer dat die DBV inbreuk maak op sy kliënt se privaat lewe deur foto’s en inligting op sy sosiale media-platforms te plaas oor die opkomende saak teen haar.

Die landdros het aan O’Donell gesê die hof het nie beheer oor wat die dierewelsynorganisasie op sy sosiale mediaplatforms publiseer nie.

Verder het die landdros wel vir Collete Mang van die Swartland-tak van die DBV gewaarsku dat die deel van inligting wat verband hou met die hofsaak kan lei tot “ ’n verhoor op sosiale media”.

Weens O’Donell se bewering dat sy op Facebook gevikti­miseer word, het die landdros die DBV-span aangeraai om geen spesifieke besonderhede rakende die saak of O’Donell se foto op sosiale media te plaas nie.

Die verhoor sal Vrydag 19 Oktober en Woensdag 30 Oktober in die Hopefield-landdroshof hervat word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.