Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verhoor weer eens uitgestel

Die verhoor in die moordsaak van die 65-jarige Johan Kieser van Moorrees­burg wie se lyk in Januarie 2015 aan die voet van ’n krans naby Ceres gevind is, het steeds nie begin nie.

Die twee beskuldigdes, Linda Siebrits (43) en Charise Doubell (37), wat tereg staan weens die moord op Kieser het verlede Donderdag (16 Julie) weer vlugtig in die Malmesbury-streekhof verskyn.

Die saak is tot 27 Augustus uitgestel sodat ’n verhoordatum vasgestel kan word. Die beskuldiges het steeds nie in die hof gepleit nie.

Die derde beskuldige, Hendrik Boonzaaier (30), is intussen oorlede.

Die staat se klagstaat lei dat die beskuldiges vir Kieser blykbaar met ’n oordosis heroïen ingespuit en by ’n bergpas naby Ceres afgegooi het.

Kieser se liggaam is op 7 Januarie 2015 deur ’n span reddingswerkers na die oppervlak gehys.

Die beskuldigdes is aanvanklik borgtog geweier. Die saak is later na die Malmesbury-streekhof oorgeplaas waar die beskuldigdes elkeen op R5 000 borgtog vrygelaat is.

Kieser was vir jare in die tekstielbedryf en ook ’n bekende internasionale hondebeoordelaar. – Samuel Walters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.