Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermiste seun se lyk in bosse gevind

Die 11-jarige seuntjie wat in Oktober vanjaar as vermis aange­meld is, se lyk is die afgelope naweek in Ashton gevind.

Weshley Schoombee was ’n leerder aan H. Venter Primêre Skool en is 28 Oktober deur sy ma as vermis aangemeld waarna die polisie en verskeie organi­sasies ’n soektog van stapel gestuur het.

Die soektog het egter Saterdag 30 November tragies geëindig toe die jongeling se liggaam ontdek is.

’n Plaaswerker van Zandvliet het Saterdag by die Kogmanskloofrivier gaan visvang toe hy ’n slegte reuk uit die bosse naby die treinbrug gekry het.

Die man het ondersoek gaan instel en op die liggaam afgekom.

Die man het die polisie in kennis gestel.

AO Sylvester Josephs van Ashton-polisie het die voorval bevestig en ook genoem dat die seuntjie ’n pienk oortrui aangehad het en met sy gesig in die grond tussen die bosse en ’n klein heuwel gelê het.

“Die oorsaak van die dood is nog onbekend en die liggaam is na die Worcester-polisie se forensiese eenheid geneem vir verdere onder­soek,” sê Josephs.

Die polisie het bevestig dat sy ouers geskok was oor die nuus.

Gazette het probeer om met die ouers en nabye familielede kontak te maak, maar kon hulle nie bereik nie.

Sylvia Steyn, ’n buurvrou, het gesê dat sy altyd die seuntjie gesien speel het en dat hy haar altyd vriendelik gegroet het. “Ek ken nie die ouers nie, maar ek het om altyd gesien. Ons het gister (Sondag) uitgevind hy is oorlede ná ons verneem het hy is vermis – dit maak seer, want dit bly ’n kind van ons gemeenskap,” het Steyn gesê.

Daar is nog geen begrafnis­reëlings getref nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.