Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vetplanttuin ’n winterfees

Die mooiste mooi van die Overberg se wintermaande word jaar ná jaar in die hartjie van die Kaap Agulhas-streek geniet.

Tussen die groen graanlande, wat die nuwe seisoen se aanplantings in ’n kleurskouspel uitbasuin, is daar die kleurvolle, songetintelde aalwyn- blommeprag. In Bredasdorp se Fletcherstraat, net voor die oog die begraafplaas weerskante van die drif tref, is die roesrooi, oranje en selfs goudgeel aalwynblomme ook weer in volle blom.

Inwoners van die straat, wat dikwels deur besoekers en inwoners as die kortste pad na die middedorp gebruik word, is dankbaar teenoor Kaap Agulhas Munisipaliteit (KAM) se infrastruktuur- en verfraaiingspan wat onlangs weer skouer aan die wiel gesit het om onkruid in die vetplanttuin in bedwang te hou.

Boonop is fluks gesnoei aan die bome wat die mooi stuk grond aan die voet van die bloekombos verfraai. Skuins voor die winter het KAM, op versoek van die Bredasdorp- gemeenskap, die rivierloop in die drif voor die begraafplaas en regdeur tot in Kleinbegin met masjinerie en ’n hardwerkende skoonmaakspan oopgemaak en opgeruim.

Volgens Jan Greyling, ’n inwoner van Wyk 4 in Fletcherstraat, kom al die krediet die oorspronklike aalwyntuinmaker, Jaco Swart, en die verfraaiingskomitee van KAM toe. “Met deurlopende instandhouding van die ingange na al ons middedorpe in die streek kan ons dorpe se geliefdheid in die streek en plaaslike omgewingsbewaring net van krag tot krag gaan.

Nou moet ons asseblief net ’n plan maak om as inwoners saam ons strate, parke en vleie skoon te hou en inwoners – ouers én kinders –vra om hul gemors in vullisblikke en herwinningsakke te gooi, waar dit hoort. Knapgedaan KAM! Hou asseblief die openbare tuine op die skoonmaaklys en maak saam met ons plan om die leivore se gemors af te keer voordat dit die rivierlope bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.