Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vind vrede in die klein goedjies in jou lewe . . .

Ek smag na vrede . . .

Twee weke gelede sit ek in die kerk en die boodskap tref my tot binne in my siel.

“Julle moet vrede nastreef – hou op kla oor hoe besig julle is. Jy het nie tyd vir jou vriende en familie nie, jy kom nie by al jou vergaderings uit nie, want jy is gedurig besig met die een of ander ding.”

As ’n ouer is my dogter en gesin altyd ’n prioriteit. Maar as jy by ’n gemeen­skapskoerant werk, is dit vanselfspre­kend dat jy enige tyd van die dag, nag en selfs Sondae ook gepla gaan word.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is baie lief vir my mensies, geniet my werk en raak meer as opgewonde as iemand nuus met my deel, maar ek wens soms mense kan verstaan dat ek net ’n mens is wat ook net soveel kan doen.

Met ’n persoonlikheid van ’n Weeg­skaal is ek iemand wat altyd die ekstra myl wil loop en wat baie tegemoetko­mend is – so al is dit ook hoe onmoont­lik, sal ek altyd my bes doen om hulle te help en ’n foto of twee by ’n 50ste party­tjie te gaan neem of ’n jeugleier se praatjie by te woon.

Dít veroorsaak weer natuurlik dat ek heeltemal te veel hooi op my vurk het en nooit my draai kan kry nie.

Met die hunker na vrede in my ag­terkop, lê ek steeds saans wakker en dink aan die intro vir more se storie, hoe ek my tyd die volgende dag gaan bestuur en dit kos my ’n hele paar uur van die nag om uit te figure hoe ek ’n begroting kan opstel wat vir my sal werk en hoe om hopelik met minder klaar te kom – dit raak soms net te veel.

Vandeesweek, terwyl ek my daaglikse dagstukkies lees, herinner die skrywer my weereens aan vrede – dat jy rustig en kalm moet word.

Hy sê verder vrede kom nie van buite af nie, maar wel van binne. Dat dit die doelbewuste besit van genoegsame bronne is, met ander woorde vrede kom wanneer ons besef dat ons genoeg het.

So in plaas daarvan dat ek kla dat ek nooit tyd het nie, vind ek vrede in die feit dat bronne my spontaan (watter tyd ook al) kan bel of sommer in die pad voorkeer met ’n sappige storie. Ek vind vrede daarin dat my werk my toelaat om in ander se lief en leed te kan deel, ek is dankbaar dat ek tog ’n familie en vrien­de het wat bekommerd raak as hulle nie van my hoor nie en voortaan sal ek streef na daardie innerlike vrede wetend dat wat ek het, genoeg is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.