Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vinpro beraam nuwe plan

Vinpro bied steeds sy gewilde ople­i­dingskursusse vir wingerdspanne aan, maar net in ’n nuwe formaat om die verspreiding van Covid-19 te verhoed.

Wyndruifprodusente kan nou versoek dat praktiese demonstrasies, vir nie meer as 15 mense nie, in die vorm van ’n halfdagkursus op die plaas aangebied word. Hierdie nuwe formaat vervang die gebruiklike voorafbepaalde voldagkursusse wat teorie en prakties vir groter groepe behels het.

“Dit is vir ons belangrik dat wingerdwerkers deurlopend bemagtig moet word deur opleidingsgeleenthede soos die wingerdkursusse terwyl ons hul veiligheid hoog ag,” sê Hanno van Schalkwyk, Vinpro-wingerdkundige en koördineerder van dié kursusse.

“Deur die formaat aan te pas, wil ons die vervoer en byeenkom van wingerdspanne in een lokaal verhoed en die verspreiding van Covid-19 beperk.”

In die plek van die 10 opleidingsmodules kan produsente nou uit twee praktiese sessies kies wat op hul plaas aangebied kan word.

Winteropleiding:

  • Basiese snoeibeginsels (kort-, halflangdraer en Guyot-stelsels).
  • Onderhoud van snoeiskêre.
  • Voorkoming van stamsiektes.
  • Korrekte planttegniek van jongstokkies.

Someropleiding:

  • Basiese werking van die wingerdstok.
  • Doel van lowerbestuur.
  • Verskillende lowerbestuurtegnieke.
  • Jongstokontwikkeling.
  • Algemene siektes en plae.

Elke persoon wat die opleiding bywoon, sal ’n gratis veiligheidsmasker ontvang terwyl die basiese gesondheids­maatreëls sal geld.

Vinpro het verlede jaar, te danke aan finansiële ondersteuning deur die Vinpro-stigting, meer as 1 000 persone touwys gemaak oor die beste wyndruifverbouingstegnieke. Vanjaar is Columbit as nog ’n waardevolle vennoot by die opleiding betrokke.

. Dit kos R210 per persoon. Bespreek nou by 021 276 0429 of stuur ’n e-pos na training@vinpro.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.