Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vitamine D-tekort die oorsaak van baie siektetoestande

’n Studie deur verskeie akademici uit Afrika en die Midde-Ooste toon dat een uit vyf kinders in Suid-Afrika ’n vitamine D-tekort het, ten spyte van voldoende blootstelling aan sonlig.

Die navorsingsresultate wat in die Suid-Afrikaanse Mediese Tydskrif gepubliseer is, stel maniere, onder meer deur aanvulling, voor om die probleem aan te spreek.

Ten spyte van genoeg sonlig het mense wat in Afrika woon dikwels onvoldoende of ’n tekort aan vitamine D. Faktore wat hiertoe bydra sluit in die dra van tradisionele kleredrag, vermyding van blootstelling aan die son asook sekere dieetpatrone. As hierdie faktore nie vanself reggestel kan word nie, moet nuwe strategieë vir aanvullings of voedselfortifisering ontwerp word.

Vitamine D-tekort word aan ’n hele aantal siektetoestande gekoppel, waaronder outo-immuniteit- en beensiektes, depressie, diabetes, hartsiektes, hoë bloeddruk, vetsug, osteoporose en rumatoïede artritis. Voldoende vlakke kan op sy beurt infeksies soos verkoues en griep voorkom. Navorsers raam dat minstens 50% van die gewone bevolking die risiko loop om onvoldoende of ’n tekort aan vitamine D te hê.

Vanessa Ascencao, ’n Suid-Afrikaanse voedingskonsultant, stel voor dat benewens direkte sonlig vir minstens 20 minute per dag, moet meer vitamine D-ryke voedselsoorte by die dieet gevoeg word:

  • Meer vrugte en groente ryk aan antioksidante – minstens sewe tot nege porsies per dag.
  • Kossoorte wat goed is vir die lewer soos knoffel, uie, broccoli, kool en borrie.
  • Voedselsoorte wat die immuniteitstelsel versterk, soos verskeie soorte sampioene.
  • Probeer salvastrol – ’n bestanddeel wat in plante gevind word en dooie selle teiken.
  • Verminder inflammasie deur minder versadigde vette in te neem en meer omega 3-vette soos salm, makriel, sardiens, ansjovis, neute en sade.
  • Belê in organiese voedsels om die blootstelling aan onkruiddoders te verhoed en vermy geprosesseerde vleis en gebrande of verbruinde kos. Stoom of kook rou kosse.
  • Eet meer vis en minder suiwel en vleis.
  • Kry genoeg slaap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.