Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voetgangers sterf op paaie in die Wes-Kaap

Ses mense is dood op die paaie van die Wes-Kaap die afgelope naweek en 26 mense is in hegtenis geneem vir dronk­bestuur.

Volgens Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, was al ses oorledenes, waar­van een van Moorreesburg is, voet­gangers. Luidens ’n verklaring deur Moorreesburg-polisiewoordvoerder, Nico­lette Visagie, het die polisie omstreeks 20:45 op ’n oproep gereageer van ’n persoon wat in die pad in Fairview, Moorreesburg lê. “Dit is in hierdie sta­dium onbekend hoe die persoon gesterf het. Volgens die getuie was hy en die oorledene onder die invloed van alkohol en op pad huis toe. Hulle het saam geloop, maar die getuie het vir ’n oomblik weggebreek. Met sy terugkoms het hy die oorledene in die pad gesien lê,” het Visagie gesê. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die oorledene in ’n tref-en-trap-ongeluk betrokke was.

. ’n Dag ná die voorval is ’n vrou in hegtenis geneem vir roekelose bestuur nadat sy in ’n erf in Hooikraal, Moorrees­burg, gery het en van die toneel af wegge­ry het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.